Janneman In Die Diereryk (CD)

Be the first to review this product

R69.99
OR

Quick Overview

Die musiek en liriek vir die CD Janneman in die Diereryk is geskryf en opgeneem deur Riku Lätti wat saam met 'n paar vriende, jong luisteraars se verbeelding op reis sal neem.

Janneman In Die Diereryk

Double click on above image to view full picture

Zoom Out
Zoom In

Product description

Additional information


 
  • Details

    Die musiek en liriek vir die CD Janneman in die Diereryk is geskryf en opgeneem deur Riku Lätti wat saam met 'n paar vriende, jong luisteraars se verbeelding op reis sal neem.

    Vervaardig en opgeneem so saam met die koms van hulle dogtertjie Lia Luna Li, word die album opgedra aan alle kindertjies wat hou van musiek luister saam met hulle "cool" ouers. Spesifiek "cool" ouers, want daar is heelwat verskillende musiekgenres wat in Janneman in die diereryk gebruik word, insluitend jazz, pop, rock, country en klassieke musiek. Alhoewel die temas op kinderlike wyse aangebied word, is Janneman in die Diereryk nie uitsluitlik op 'n kindergehoor gemik nie, maar vir almal wat gehalte musiek en slim lirieke waardeer.

    Die Janneman in die Diereryk CD spog met 'n reeks skatlike bydraes van sterre soos: Dorette Potgieter as die verteller en sangeres op verskeie snitte; Neil Sandilans wat die storie van Skillie die skilpad vertel met 'n sangsolo ala Sinatra; Albert Frost wat blueskitaar speel op verskeie liedjies en ook die rol van die bobbejaan vertolk; Bacchus Nel wat al singend die rol van Manie die blinde mol vertolk; Morné Visser as Louis die luislang; Arnaud van Vliet as Janneman; Fried Wilsenach as Siegfried skilpad; Jahn Beukes vir die orkestrasie van sekere snitte asook Lani Pieters wat sing op verskeie liedjies.

    Tracklisting:

    1. Stoomtrein
    2. Janneman
    3. vertelling: in die takke
    4. Oupa die uil
    5. Vertelling: waar gaan al die diere heen?
    6. Koning Leeu se partytjie
    7. Slaap, hasie, slaap
    8. Skilpad in my hangmat
    9. Vir die voëls
    10. Vertelling: 'n slang in die stad?
    11. In die woud
    12. Ver weg van die huis
    13. Elke dier het sy dag
    14. Swaeltjie
    15. Vertelling: Janneman gaan huis toe
    16. 'n Ding soos dié
    17. Vertelling: Hoekom moes Janneman weggaan?
    18. As al die sterre stukkend val
    19. Droomland
  • Artist Riku Lätti
    Format CD
    Language Afrikaans